Afrikaans Bible

APOSTELS 19

DIE HANDELINGE VAN DIE APOSTELS

Return to Index

Chapter 20

1

 

  En nadat die oproer verby was, het Paulus die dissipels na hom geroep en gegroet en het vertrek om na Macedonië te reis.  

 

 


2

 

  En hy het daardie streke deurgegaan, en nadat hy hulle met baie woorde bemoedig het, in Griekeland gekom.  

 

 


3

 

  En daar het hy drie maande gebly; maar toe die Jode teen hom saamgespan het, terwyl hy juis na S¡rië sou afvaar, het hy besluit om deur Macedonië terug te gaan.  

 

 


4

 

  En tot in Asië het Sopater van Ber‚a hom vergesel, en van die Thessalonicense, Arist rchus en Secundus, en Gajus van Derbe en Timothes, en uit Asië T¡chikus en Trofimus.  

 

 


5

 

  Hulle het vooruitgegaan en in Troas op ons gewag.  

 

 


6

 

  Maar n  die dae van die ongesuurde brode het ons van Fil¡ppi uitgeseil en binne vyf dae by hulle in Troas gekom waar ons sewe dae deurgebring het.  

 

 


7

 

  En op die eerste dag van die week, toe die dissipels vergader het om brood te breek, het Paulus hulle toegespreek, omdat hy die volgende dag sou vertrek en hy het sy rede gerek tot middernag toe.  

 

 


8

 

  En daar was baie lampe in die bovertrek waar hulle vergader het.  

 

 


9

 

  En 'n sekere jongman met die naam van Eutichus het in die venster gesit en weggesink in 'n diepe slaap; en toe Paulus nog lank gespreek het, is hy oorweldig deur die slaap en het van die derde verdieping afgeval en is dood opgetel.  

 

 


10

 

  Toe gaan Paulus ondertoe en val op hom en slaan sy arms om hom en sê: Moenie so te kere gaan nie, want sy lewe is in hom.  

 

 


11

 

  En hy het boontoe gegaan en brood gebreek en geëet; en nadat hy nog 'n geruime tyd gespreek het tot dagbreek toe, het hy vertrek.  

 

 


12

 

  En hulle het die seun lewendig huis toe weggebring en was uitermate getroos.  

 

 


13

 

  Maar ons het vooruit op die skip gegaan en afgevaar na Assus, waar ons van plan was om Paulus aan boord te neem; want so het hy dit bestel, omdat hy self te voet wou gaan.  

 

 


14

 

  Toe hy ons dan in Assus ontmoet, het ons hom aan boord geneem en by Mitil‚ne gekom.  

 

 


15

 

  En daarvandaan het ons weggevaar en die volgende dag teenoor Chios gekom, en die ander dag na Samos oorgevaar en in Trog¡llion oorgebly en die dag daarop by Mil‚te gekom.  

 

 


16

 

  Want Paulus het besluit om by fese verby te vaar, sodat hy nie in Asië tyd sou verloor nie; want hy het hom gehaas om, as dit vir hom moontlik was, op die pinksterdag in Jerusalem te wees.  

 

 


17

 

  En van Mil‚te het hy gestuur na fese en die ouderlinge van die gemeente laat roep.  

 

 


18

 

  En toe hulle by hom kom, sê hy vir hulle: Julle weet hoe ek, van die eerste dag af dat ek in Asië aangekom het, die hele tyd by julle gewees het  

 

 


19

 

  en die Here gedien het met alle nederigheid en baie trane en beproewinge wat oor my gekom het deur die komplotte van die Jode;  

 

 


20

 

  hoe ek niks agtergehou het van wat nuttig is nie, om dit aan julle te verkondig en julle te onderrig in die openbaar en in julle huise,  

 

 


21

 

  terwyl ek kragtig by die Jode sowel as die Grieke aangedring het op die bekering tot God en die geloof in onse Here Jesus Christus.  

 

 


22

 

  En kyk, ek gaan nou gebind deur die Gees na Jerusalem; en watter dinge my daar sal oorkom, weet ek nie,  

 

 


23

 

  behalwe dat die Heilige Gees in elke stad kragtig getuig en sê dat boeie en verdrukkinge my wag.  

 

 


24

 

  Maar ek bekommer my glad nie en ek ag ook my lewe vir myself nie dierbaar nie, sodat ek met blydskap my loopbaan kan volbring en die bediening wat ek van die Here Jesus ontvang het, om kragtig te getuig vir die evangelie van die genade van God.  

 

 


25

 

  En nou weet ek dat julle almal onder wie ek rondgegaan en die koninkryk van God verkondig het, my aangesig nie meer sal sien nie.  

 

 


26

 

  Daarom betuig ek aan julle op hierdie dag dat ek rein is van die bloed van almal.  

 

 


27

 

  Want ek het nie nagelaat om aan julle die hele raad van God te verkondig nie.  

 

 


28

 

  Gee dan ag op julleself en op die hele kudde waaroor die Heilige Gees julle as opsieners aangestel het om as herders die gemeente van God te versorg, wat Hy deur sy eie bloed verkry het.  

 

 


29

 

  Want ek weet dit, dat n  my vertrek wrede wolwe onder julle sal inkom en die kudde nie sal spaar nie.  

 

 


30

 

  Ja, uit julle self sal daar manne opstaan wat verkeerde dinge praat om die dissipels weg te trek agter hulle aan.  

 

 


31

 

  Daarom moet julle waak en onthou dat ek drie jaar lank nag en dag nie opgehou het om elkeen met trane te vermaan nie.  

 

 


32

 

  En nou, broeders, dra ek julle op aan God en aan die woord van sy genade, wat magtig is om julle op te bou en julle 'n erfdeel te gee onder al die geheiligdes.  

 

 


33

 

  Niemand se silwer of goud of klere het ek begeer nie;  

 

 


34

 

  maar julle weet self dat hierdie hande voorsien het in die behoeftes van my en die wat by my was.  

 

 


35

 

  Ek het julle in alles getoon dat ons deur so te arbei die swakkes moet help en die woorde van die Here Jesus moet onthou, dat Hy gesê het: Dit is saliger om te gee as om te ontvang.  

 

 


36

 

  En n  hierdie woorde het hy neergekniel en met hulle almal saam gebid.  

 

 


37

 

  En daar het 'n groot geween ontstaan van almal, en hulle het Paulus om die hals geval en hom gesoen,  

 

 


38

 

  veral bedroef oor die woord wat hy gesê het, dat hulle sy aangesig nie meer sou sien nie. En hulle het hom na die skip begelei.  

 

 


APOSTELS 21

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: